VAT MY HAND
VAT MY HAND,
Dan huppel ons saam op die lyne van die horizon
VAT MY HAND,
Dan gly ons op die boog van die pêrel maan
Kom ons speel in die goue strale van die son en ons raak aan
Die sterre wat in die hemelruim aan niks hang
Kom ons sing saam met die bome wat groei vanaf, gister ver
Na môre lank
Kom ons pluk pienk, wít en pers kosmos blomme en gee dit
Vir mekaar in die hand
En as die druppels saggies begin val, dán drink ons soet heuning
Uit die holte van 'n blaar
Wanneer die maan vir ons vriendelik, knipoog
Dan gaan lê ons en droom op die sagte wolk se silwer rant
Vat my hand.
Dan speel ons,
Gister,
Vandag
En more
Saam.


|